Item Ref# MS7436

 

Boer Railway to Delagoa Bay - Anniversary

Brief description:  This is a silver medallion made during the Union of South Africa (post Boer War) at the anniversary of the railway line to Delagoa Bay (Portugese colony (Mozambique).

Material:   Silver
Manufacturer:   Utrecht Mint, Holland
Artist:   J.M.P. Menger
Circa:   1945
Dimensions:   38.1mm
Weight:   28.9g
Inscription: 

 

Edge:   Plain. Stamped with the issue number. This medal is No. 381. Also sometimes engraved with the name of the recipient. 

Obverse:   Coat of arms of Pretoria with antelope supporters, castle crest and motto: “PRAESTANTIA PRAEVALEAT PRETORIA” on a ribbon below. Legend above: “PRETORIA” and below: “1895-1945”. 

Reverse:   The emblem of the Z.A. Republic Railways: partly oblique view of a winged wheel speeding to the left down a rail. Behind, twelve streaks of lightening emanating from a cloud. Above: “1895” from which rays shine down behind the design.
The SA Mint sterling silver mark stamped below. Legend on a raised band: “NEDERLANDSCHE ZUID-AFRIKAANCHE SPOORWEG – MAATSCHAPPIJ (Dutch South African Railway Company)” with flower at the top.

Additional Information:   Issued in a yellow cardboard box. On the outside of the lid in red within a square border: "AANGEBIED DEUR DIE / STAD PRETORIA / (line) / PRESENTED BY THE / CITY OF PRETORIA".

The reverse of the medal is the same as the reverse of the medal by J.P.M. Menger that commemorated the opening of the railway in 1895 without the signature: “J.P.M.M.F.”

 

divider 1

Die Inwyding van die Delagoabaaispoor 

 

Ek het ook in Desember 1894 na Delagoabaai gegaan want ek was amptenaar en al die burgers het vry kaartjies gekry om die nuwe spoorweg algemeen bekend te stel. Die reis was voorspoedig. Langs die pad het een burger 'n glasruit in die trein gebreek, dit was net voor die grens en hy moes 500 reis betaal. Die man het hom amper dood geskrik toe hy die prys hoor, maar dit was maar net 10/-. Langs die pad het ons baie wild gesien, meestal seekoeie in die Krokodil-, Elands- en Lebomboriviere.

By Komatipoort het die trein lank stilgehou en het ons gesien hoe die kaffers deur die rivier loop, halflyf met stokke voel-voel. Daar het ons pragtige mooi wit Portugese nooiens gesien, soos ons hulle later genoem het Portuganse. Toe ons oor die grens was in die Portugese trein het ons ons verwonder hoe vinnig die Portugese swart arnoster langs die trein kan hardloop. Die Portugese trein  het vreeslik vinnig gery, dIe burgers sê toe dIe bloukele kan ry soos die wind.

In Delagoabaai aangekom het ons in die Burgerhuis tuisgegaan, waar veldbeddens voorsien was. Die gebou was spesiaal daarvoor opgerig en met beddens voorsien. Dit was 'n lang gebou. Die aand is ons dorp toe en by die kiosk gaan bier drink. Die volgende dag het ek dadels gekoop wat nog in 'n sakkie was, toegevleg met'n soort biesie wat die wydte het van 'n duim. Ook het ek vir my nooi 'n woltjalie gekoop om vir haar present te gaan gee. Die tjalie het 8/- gekos. Ek het vir my n swart ebbehoutkierriee gekoop met n sIlwer kop wat in die Engelse oorlog weg is.

Ons het met stoombote oor die baai gegaan om aan die oorkant van die see te gaan swem. Ons ry toe met 'n tug en n paar bootjies. Die agterste bootjie het los geraak want dit was vasgebind met 'n sterk kabeltou. 'n Groot oorlogskip kom in beweging en was net op vaart sodat die water kloof en ons was reg voor toe die bootjie los raak. Op die boot was 'n klompie mense. 'n Vriend en aangetroude familielid van my was ook in die bootjie en het kennis gehad van met 'n boot te roei. Sy naam is Frans Roos. Die groot skip kom toe vinnig nader en byna was die los boot onder hom, want die mense by die stuurwiel van die skip kon nie sien nie, want die boot was uit sy oog onder die skip in. Die mense begin skreeu. Roos neem toe die roeispaan ewe koel en roei die boot onder die skip uit.

Ons het toe heerlik geswem, nie denkende aan die gevaar van haaie nie. Toe ek tuis kom op Rustenburg was my pak wolstof klere nog taai van die seewater. Die terugreis was voorspoedig.

 

Source: Herrinneringe van Theunis Christiaan Du Plessis (1875 - 1958)

Scripture

“Cast thy bread upon the waters: for thou shalt find it after many days. Give a portion to seven, and also to eight; for thou knowest not what evil shall be upon the earth. If the clouds be full of rain, they empty themselves upon the earth: and if the tree fall toward the south, or toward the north, in the place where the tree falleth, there it shall be.”

Ecclesiastes 11:1-3