Item Ref# CS8232

 

Battle of Amajuba, 1881

 

This 25.5cm limited edition commemorative plate forms part of The Heritage Collection (House of Huguenot) for the centennial year of the battle of Amajuba in 1981.

 

General

The Battle of Majuba formed a significant point in the Boervolk's history. It forced the British Empire to officially recognise them as an independant people and their geographical sovereignty.

Please read further on the Sand River and the Bloemfontein Conventions respectively.

 

 

divider 1

Die Boere Nasie se Vryheid

Op Geloftedag 1880 het die eerste skoot van die Transvaalse Vryheidsoorlog op Potchefstroom geklap, en op 27 Februarie 1881 het die laaste geveg, 'n glansryke oorwinning vir die Boere op Amajuba plaasgevind.

 

'n Wapenstilstand het gevolg, en pres. J.H. Brand van die Oranje-Vrystaat het op die toneel verskyn om as onpartydige vriend en raadgewer die onderhandelinge tussen die Boere en Britse verteenwoordigers op 21 Maart 1881 in R.C. O'Neil se huis by te woon. 'n Ooreenkoms is bereik, waardeur die driemanskap van Transvaal, S.J.P Kruger, P.J. Joubert en M.W. Pretorius, onderneem het om Britse susereiniteit te aanvaar.

 

Op 3 Augustus 1881 is die Konvensie van Pretoria deur die lede van 'n koninklike kommissie aan die een kant en deur die Transvaalse driemanskap aan die ander kant onderteken. Van die datum af het die Boere (Transvaal) weer selfbestuur verkry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon, en hy sou voortaan as die Transvaal staat bekend staan.

 

Deur die Londen-konvensie van 27 Februarie 1884 is die naam Zuid-Afrikaansche Republiek in ere herstel en het die republiek 'n soewerein onafhanklike staat sonder Britse susereiniteit geword.

 

Scripture

LORD, thou hast heard the desire of the humble: thou wilt prepare their heart, thou wilt cause thine ear to hear: To judge the fatherless and the oppressed, that the man of the earth may no more oppress.

Psalm 10:17,18