|
Item Ref# CS8233
Orange Free State Egg Holders
Not too much is known about these egg cups. They are decorated by the Boer Republic flag of the Oranje Vrij Staat (OVS). Found in South Africa. |
![divider 1](/images/divider_1.gif)
1854 - Die Grondwet van die Oranje-Vrystaat geproklameer
Na die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854, wat die onafhanklikheid van die Boervolk in die Oranje-Vrystaat verseker het, is 'n "Raad van Volks representante", of kortom Volksraad, van 29 lede deur die verskillende veldkornet wyke en dorpe verkies. Hul eerste bestuursdaad was om die tradisionele republikeinse staatsbeskouinge van volksoewereiniteit en uitoefening van die volkswil in 'n geskrewe grondwet vas te lê. Die twee uitlanders J.J. Groenedaal, Nederlander en onderwyser, en J.M. Orpen, Ier en landmeter, het waarskynlik die grootste bydrae tot die bewoording van die grondwet bygedra.
Na deeglike ontleding blyk dat sowel die grondwette van die VSA as die Franse Republiek van 1848 as model gedien het. Belangrik is egter die feit dat uit hierdie grondwette slegs oorgeneem is wat in ooreenstemming met die tradisies, gebruike, ervaringe en aspirasies van die burghers was. Die merkwaardige van die grondwet wat uiteindelik op 10 April 1854, skaars twee maande na onafhanklikwording, goedgekeur is, is dat dit 'n groepie eenvoudige Boere was wat daaraan finale beslag gegee het - dat in die loop van die volgende halfeeu geen kardinale beginsel daarin gewysig of aangevul is nie - en dat dit reeds in die 19de eeu deur die beroemde Britse staatsregskenner, lord Bryce, en in hierdie eeu deur Kennedy en Schlosberg sowel as dr. G.W. Eybers as 'n model-grondwet aangeprys is.
Naas die bydrae wat presidente J.N. Boshof, J.H. Brand, F.W. Reitz en M.T. Steyn gelewer het tot die vorming van die model-republiek, die Oranje-Vrystaat, moet die grondwet se rol daarin nooit misgekyk word nie. Teenoor die latere grondwet van die ZAR, wat uit 232 artikels bestaan het, het die Vrystaatse grondwet slegs 62 artikels bevat. In eenvoudige en duidelike taal is die kwalifikasies van die kiesers en die pligte en magte van die Volksraad,, die Staatspresident en die Uitvoerende Raad bepaal en die regterlike mag omskryf, terwyl die kryg stelsel se beginsels kort en kragtig omlyn is – alles volgens tradisies en ervaringe wat tot die Beuse in Nederland, die staatsbedeling onder die Kompanjies, en Britse bewind, die Trekker-konstitusies en eie Christelike en demokratiese beskouinge teruggevoer kan word.
Scripture |
Deliver me from the oppression of man: so will I keep thy precepts. Psalm 119:134 |